WELCOME
Hoekom adverteer op die Internet?

In Desember 2003 het die "Travel Industry Association of America" 'n study vrygestel wat gekyk het na die aantal persone wat hul oorsese vakansie op die internet bespreek het. Hulle het gevind dat tot 30% van die volwasse bevolking van America (63.8 miljoen)  die internet gebruik om navorsing te doen oor vakansie akkommodasie en hul besprekings aanlyn te doen.

Die studie het verder getoon dat van die ongeveer 42.2 miljoen mense wat in 'n bepaalde tyd oorsee gereis het, het 32 miljoen hul bespreking op die internet gemaak.

Indien u besigheid dienste aanbied met betrekking tot behuising, akkommodasie, ontspanning, aanlyn verkope of toerisme en u is nie beskikbaar op die internet nie, verloor u dus tot 30% van die internasionale mark.

In die ekonomiese tye waarin ons leef, kan geen besigheid bekostig om enige marksegment te verloor nie.

Neem ook die volgende in ag ……………….

Suid-Afrika het ontwikkel in 'n baie aanloklike vakansie bestemming in die laaste 4 jaar, met 'n gemiddelde jaarlikse groei van 15%. Dit beteken dat die gemiddelde jaarlike oorsese toeriste na Suid-Afrika gegroei het tot meer as 3.5 miljoen.

Volgens "Forresters Research Inc." sluit ongeveer 9 miljoen nuwe huishoudings jaarliks as internet gebruikers aan. Selfs selfone het deesdae gerieflike en goedkoop internet toegang, met mobiele internet gebruikers deur Suid-Afrika wat gerieflik op die internet rondswerf.

Volgens "Business Report" het Suid-Afrikaanse internetgebruikers in 2008 met 12.5 persent tot 4.5 miljoen gegroei - die vinnigste sedert 2001.

In die 2006 "Reader's Travel Awards" deur die Verenigde Koninkryk se tydskrif "Condé Nast Traveller", het Suid-Afrika se natuurskoon 'n telling van 97.8% behaal - die hoogste in die wereld - met Suid-Afrika wat as die vyfde-beste toeriste bestemming gekroon is.

Daar is dus geen twyfel dat die internet 'n vinnig groeiende medium is nie. Suid-Afrika sal beslis nie agterbly nie. Dit is daarom noodsaaklik dat selfs kleiner gastehuise 'n manier moet vind om beter mark penetrasie te kry in 'n baie kompeterende mark.

Neem ook in ag die impak van die 2010 sokker beker in Suid-Afrika op die mark!

Internet teenwoordigheid het ook die vermoe om meer klante te bereik as enige tydskrif of dagblad.

Die probleem met internet advertensies is dat dit geweldig duur kan raak, ongeag watter vorm van vergoedingspakket u beding (maandelikse tarief, jaarlikse tarief of kommisie). 

Dit is weens die stygende koste van internetadvertensies en webblad ontwerp en istandhouding dat kleiner gastehuise daarvan wegbly.

Jorisa Besigheid en akkommodasie bied die mees bekostigbare advertensie geleentheid aan ekle gastehuis eienaar. U kan onds gerus meet teen enige bestaande diens, insluitende televisie, radio en dagblaaie.

Waarom adverteer op enige van ons webwerwe?

Ons bied u die mees bekostigbare pakket in die mark. Geen instandhoudingskoste of kommissies nie. U betaal 'n eenmalige fooi vir ontwerp van 'n miniwebblad en lewenslange instandhouding.

Tarriewe.

Miniwebblad (Goue lys) @ R500.00 lewenslank

Mini Advertensie  @ R300 lewenslank

Grafiese bannier - 190 x 100 @ R200.00 lewenslank

Teks advertensie @ R200.00 lewenslank

Telefoon lys @ R100.00 lewenslank

Webwerf lys @ R100.00 lewenslank


Kyk eers rond!

1. Besoek gerus on  voorbeeld bladsy vir 'n idee wat bogenoemde behels.

2. Indien u hou waarna u kyk, voltooi asseblief die nodige aansoekvorm en stuur dit terug aan ons.

3. Na ontvangs van u vorm sal die nodige besonderhede aan u verskaf word om betaling te fasiliteer.

Vir meer inligting is u welkom om ons te kontak.
Backpacking in South Africa can be quite an experience. We can help you to choose from a range of backpacking destinations and make the most of your South Africa backpacking adventure.
Bed and Breakfast establishments in South Africa
Greenkalahari Northern Cape South Africa.
Guesthouses in South Africa. A guesthouse is generally a private home which has been converted for the dedicated and exclusive use of guest accommodation.
Free classified advertising
Jorisa Enterprises
South African Tourism
Northern Cape South Africa
Resorts in South Africa
South African Traveller
Self catering establishments in South Africa
Online shopping at its best.
Upington Northern Cape South Africa
BETROUBARE, BEKOSTIGBARE en WAARDE VIR GELD Aanlyn Advertering
___________________________________________